Croptour 2

30 Maart 2019

Bultfontein – Willemsrus – Tierfontein – Wesselsbron – Losdoorns – Schoonspruit – Golden Fleece – Schuttesdraai – Bothaville – Viljoenskroon

Bultfontein

Hierdie foto’s is geneem tussen Bloemfontein, Bultfontein en Protespan.

View video

Mielies nou in die saad en lyk baie mooi.

Jong sonneblom, laat aangeplant. Stand lyk mooi, het baie potensiaal indien April reën realiseer.

WIllemsrus

Hierdie foto’s is tussen Protespan en Willemsrus geneem. Die algehele grondvog van hierdie aanplantings lyk goed. Hierdie lande word met elke graan toer afgeneem.

Tierfontein

Die Tierfontein area word ook met elke graan toer afgeneem. Ons kan sien dat daar droogte stremming was, maar hulle het goed gereageer op onlangse reën.

View video

Mooi sonneblom met groot koppe.

Op die oog af lyk dit of die mielies swaarder gekry het, maar tog ook redelik herstel het van klein mielies af.

Reg oorkant die pad. 

Die mielies se koppe lyk goed.

Wesselsbron

Hirdie foto’s is tussen Wesselsbron en hoopstad afgeneem. droogte stremming word ervaar en reën sal beslis die groeiproses baie bevorder. 

10 km voor Wesselsbron.

Mooi stuk land ook in die saad.

Net buite Wesselsbron. Hierdie mielie ervaar duidelik droogte stremming.

Tussen Wesselsbron en Hoopstad is daar ook dele wat verras. Mielies sal beslis goed reageer op April reën.

Hoopstad

Hierdie foto’s is geneem tussen Wesselsbron en Hoopstad, asook in hoopstad.

View video

Tussen Hoopstad en Wesselsbron.

Tussen Hoopstad en Wesselsbron.

Tussen Hoopstad en Wesselsbron.

Opvolg reën sal nou welkom wees.

bothaville

Hierdie foto’s is geneem vanaf Hoopstad na Bothaville. Ons is aangenaam verras met die mielies se opkoms.    Al die Sonneblomme wat ek gesien het het vir my baie goed gelyk.

Mooi groot koppe vir die wat blom en baie potensiaal vir die wat nog nie in blom is nie.

Viljoenskroon

Hierdie foto’s is tussen Bothaville en Viljoenskroon geneem. 

Soos vorige kere berig is van hier af na Viljoenskroon en Parys toe lyk die mielies besonders mooi.

gevolgtrekking

Dit is die 4de keer wat ons hierdie roete gery het om te kyk na die toestand van die mielies.
Soos genoem het ek myself voorberei op die ergste en was aangenaam verras oor die mielies wat ek gesien het.
Geensins was hierdie ‘n verteenwoordigende steekproef nie maar ek het probeer so wyd as moontlik gery om al die areas wat tans onder die vergrootglas is te probeer sien en ‘n mening te lig en fotos te dokumenteer.
Oor die naweek van 23 Maart verstaan ek het daar lekker reen uitgesak oor wye dele van die Wes Vrystaat, en dit is duidelik sigbaar aan die vog beskikbaar in die grond en die reaksie en groei van die plante vanaf ons vorige besoek.
Met my vorige toer het ek n ander roete gery wat die Losdoorns – Schoonspruit area ingesluit het, en volgens my mening die swaarste gekry het. Ek kon ongelukkig nie hierdie keer daardie omgewing dek nie aangesien ek spesiek die Hoopstad omgewing wou besigtig.
Droogte skade is beslis ervaar op die hele omgewing van die Wes Vrystaat, maar soos genoem is die mielies se herstel vir my verrassend.
Kontak my gerus indien u nog menings wil hoor oor my mees onlangse besoek oor hierdie area.
Groete
Henning Ellis
0825694555
Agriserve Commodities