Croptour 1

06/02/2019

Bultfontein – Willemsrus – Tierfontein – Wesselsbron – Losdoorns – Schoonspruit – Golden Fleece – Schuttesdraai – Bothaville – Viljoenskroon

SchoonSpruit

  • Opkoms is baie swak hier.
  • Plante trek baie swaak en die wat op gekom het is baie ongelyk.
  • Die grond is baie warm droog.
  • Nie ‘n lekker gesig om te sien nie.
  • Schoonspruit omgewing kry baie swaar.
  • Verskeie lande wat geplant is, maar die mielies nie opgekom het nie.

WIllemsrus

Baie laat aanplantings, en die mielies is baie klein. Onegalige opkoms van die plante. Baie droog en kort dringend reën. Besproeiings mielies in die omgewing lyk mooi.

Tierfontein

    • Dit wil voorkom of daar lande is wat geplant is maar waar niks opgekom het nie.
    • Daar is ondervog, hoofsaaklik te danke aan onlangse reën.
    • Verskeie oorlê lande sigbaar.
    • Vroeë aanplanting is heup hoogte maar kry baie swaar.
    • Voldoende reën word spoedig benodig.
    • Plante begin toedraai.

    Wesselsbron

    • ‘n Paar lande wat beter lyk.
    • Verskeie oorlê lande is opvallend.
    • Min Sonneblom, baie mielies

    Losdoorns

    • Plante kry baie swaar.
    • Hier is Sonneblom hektare ook opgelet.
    • Plante is kort van kuit hoogte, baie jonk.

    Golden fleece

    • Vergelyk baie met Schoonspruit.
    • Opkoms en stand is swak en ongelyk.
    • Verskeie lande het oop “gate” waar niks opgekom het nie.
    • Verskeie oorlê lande.
    • Lande wat gewerk is met geen opkoms nie.

    Schuttesdraai

    • Vroeë aanplantings van mielies wat al in die saad is.
    • Mielies kort dringend reën.
    • Kon ongelukkig nie stop om ‘n foto te neem nie.

    Bothaville

    • Hier begin dit duidelik verbeter.
    • Baie laat aanplantings maar die stand en die plante lyk aansienlik beter.
    • Lyk drasties beter.
    • Baie beter stand alhoewel daar nog jong mielies ook is.
    • Baie jong klein mielies.
    • En verskeie oorlê lande ook.

    Viljoenskroon

    • Die omgewing lyk drasties beter as vorige areas.
    • Dit lyk of dit in die regte tyd venster geplant is.
    • Stand en opkoms is baie mooi en egalig.
    • Mielies lyk baie mooi.