Agriserve Croptour 06/02/2019

 

Hiermee ons foto verslag deur die Vrystaat afgelê op Woensdag 06/02/2019

Roete gevolg:
Bultfontein
Willemsrus
Tierfontein
Wesselsbron
Losdoorns
Schoonspruit
Golden Fleece
Schuttesdraai
Bothaville
Viljoenskroon

Willemsrus
Baie laat aanplantings, en die mielies is baie klein. Onegalige opkoms van die plante. Baie droog en kort dringend reën. Besproeiings mielies in die omgewing lyk mooi.

Tierfontein

  • Dit wil voorkom of daar lande is wat geplant is maar waar niks opgekom het nie.
  • Daar is ondervog, hoofsaaklik te danke aan onlangse reën.
  • Verskeie oorlê lande sigbaar.
  • Vroeë aanplanting is heup hoogte maar kry baie swaar.
  • Voldoende reën word spoedig benodig.
  • Plante begin toedraai.


Gewerkte lande

Tierfontein – dieselfde lande as wat n maand gelede afgeneem is.

Tierfontein

  • Dieselfde land as wat ‘n maand gelede afgeneem is.
  • Ongelyke plante stand en benodig dringend water.
  • Verskeie oorlê lande.
  • Die min hektare wat onder Sonneblom geplant is het verras, oorwegend baie mielie lande en min sonneblom.

  • Heup hoogte mielies
  • Baie warm en droog
  • Sommige plante al in die saad

Tussen Tierfontein & Wesselsbron

  • Ook lande wat ‘n maand gelede afgeneem is.
  • Kry baie swaar en soek reën.
  • Baie ongelyke stand.
  • Baie minder Sonneblom hektare as wat ek verwag het om te sien.
  • Oorwegend baie mielie hektare.


Wesselsbron

  • ‘n Paar lande wat beter lyk.
  • Verskeie oorlê lande is opvallend.
  • Min Sonneblom, baie mielies.

Losdoorns

  • Plante kry baie swaar.
  • Hier is Sonneblom hektare ook opgelet.
  • Plante is kort van kuit hoogte, baie jonk.

Baie klein mielies

Net buite Wesselsbron op pad na Schoonspruit

  • Kuithoogte, lyk beter.
  • Blare krul nie om nie.
  • Hierdie kol het verras, lyk beter as ander omgewings.

Tussen Wesselsbron & Schoonspruit

  • Hierdie omgewing trek baie swaar.
  • Ergste skade beleef op die hele roete.
  • Baie laat aanplantings, plante sukkel om op te kom.
  • Paar lande wat bitter droog en baie swak opgekom het.
  • Geen grondvog nie.
  • Baie hartseer.

Schoonspruit

  • Opkoms is baie swak hier.
  • Plante trek baie swaak en die wat op gekom het is baie ongelyk.
  • Die grond is baie warm droog.
  • Nie ‘n lekker gesig om te sien nie.
  • Schoonspruit omgewing kry baie swaar.
  • Verskeie lande wat geplant is, maar die mielies nie opgekom het nie.

Golden Fleece

  • Vergelyk baie met Schoonspruit.
  • Opkoms en stand is swak en ongelyk.
  • Verskeie lande het oop “gate” waar niks opgekom het nie.
  • Verskeie oorlê lande.
  • Lande wat gewerk is met geen opkoms nie.

Schuttesdraai

  • Vroeë aanplantings van mielies wat al in die saad is.
  • Mielies kort dringend reën.
  • Kon ongelukkig nie stop om ‘n foto te neem nie.

Buite Bothaville op pad Viljoenskroon toe

  • Hier begin dit duidelik verbeter.
  • Baie laat aanplantings maar die stand en die plante lyk aansienlik beter.
  • Lyk drasties beter.
  • Baie beter stand alhoewel daar nog jong mielies ook is.
  • Baie jong klein mielies.
  • En verskeie oorlê lande ook.

Viljoenskroon

  • Die omgewing lyk drasties beter as vorige areas.
  • Dit lyk of dit in die regte tyd venster geplant is.
  • Stand en opkoms is baie mooi en egalig.
  • Mielies lyk baie mooi.