Meer oor Agriserve Commodities
Graan Verhandeling, SAFEX-Verskansing, Kunsmisbemarking, Voerbymiddels, AgriWheels
GRAANVERHANDELING
Ons bied graanverhandelingsdienste wat verband hou met die verkryging, bemarking en gevorderde verhandeling van graankommoditeite aan plaaslike en internasionale kliënte. Ons fokus hoofsaaklik op wit- en geelmielies, koring, sojabone, graansorghum, sonneblomsaad en ander diverse sagte kommoditeite. Ons spesialiseer in ex-silo- en ex-plaasbemarking, asook gelewerde meule-transaksies.
SAFEX-VERSKANSING
Ons fokus op die verskansing van landboukommoditeite op die JSE met SAFEX (South African Futures Exchange). Agriserve het ‘n passie vir die onvoorspelbare landboumark, daarom maak ons dit ons topprioriteit om die risiko’s verbonde aan elke landboutransaksie te identifiseer en te ontleed. Ons vind en stel die beste haalbare opsies en strategieë vir kommoditeite en graanlewering aan die landbouprodusent voor.
KUNSMISBEMARKING
Ons dien as agent vir hoë-gehalte kunsmis teen die laagste koste vir landbouprodusente regoor Suid-Afrika. Dit sluit in kunsmismengsels en straights in, wat in grootmaat of individueel gelewer kan word, afhangende van die produsent se behoefte.
VOERBYMIDDELS
Ons bied neweprodukte van hoë-gehalte aan verbruikers in die veevoer- en voerkraalbedryf regoor Suid-Afrika. Hierdie neweprodukte sluit koringsemels, oliekoek, sout, lusern, kuilvoer, mielie chop, hawer en vele meer in.
AgriWheels dien as die eenstop-oplossing wat logistiek van begin tot einde vir die kliënt so gerieflik as moontlik maak. Ons bied landwye makelaars-, vervoer- en graanverhandelingsdienste aan landbouprodusente.
Ons is toegerus om vinnige, doeltreffende vervoer- en stoorreëlings te tref en te bestuur. Deur van ons dienste gebruik te maak, kan produsente reken op tydige aflewering aan verskaffers/verbruikers teen die beste moontlike pryse.