fbpx

Agriserve Commodities Dienste

Fisiese Graanverhandeling

Graanverhandelingsdienste aan beide binnelandse en buitelandse kliënte met betrekking tot die verkryging, bemarking, kontant en vooruit verhandeling van graan soos; wit- en geelmielies, koring, sojabone, graansorghum, sonneblomsaad en ander diverse sagtekommoditeite. Ex-silo en ex-plaas verhandelings, asook meuldeur gelewerde transaksies. Agriserve Commodities verskaf die volgende kontrakte aan landbou vennote: Vaste Prys, Uitgestelde Prys, Minimum/Min-Max, Plaaslaai, Ex-silo, Meuldeur.
l

Verskansing & Safex

Ons bied verskansing van landbou kommoditeite op die JSE Kommoditeitsbeurs (Safex). Ons het ‘n passie vir die onvoorspelbare landboumark en daarom maak ons dit ons hoof prioriteit om die risiko’s daaraan verbonde te identifiseer, te analiseer en die beste moontlike opsies en strategieë op kommoditeite en fisiese graan lewering aan die landbou produsent voor te stel.

Proteïen Bronverhandeling

Na aanleiding van vaste meuldeur-leweringsdienste reg oor Suid-Afrika en deur voorkeurkontrakte met fabrieke of primêre verskaffers te doen, bied ons hoë kwaliteit by-produkte aan ons landbou produsente in die veevoer- en
voerkraal bedryf. Hierdie by-produkte sluit in: koringsemels, oliekoeke, sout, lusern, kuilvoer, mielie ‘chop’, hawer en vele meer.

Vervoer & Makelary

Saam met ons graanverhandelingsdienste, bied ons vervoer en makelary dienste landswyd. Ons is trots op die doeltreffende lewering van produkte vanaf die verskaffer tot by die eindverbruiker. Ons is toegerus om vinnige en effektiewe vervoer- en opbergingsreëlings te tref en te bestuur teen die mees mededingende pryse. Ons dien as ‘n “een-stop-oplossing” van begin tot-einde om dit so gerieflik en eenvoudig as moontlik vir ons landbou-verskaffers en produsente te maak.

Agriserve Commodities: ‘n Eenstop Oplossing