POSISIE BESKIKBAAR: KUNSMISHANDELAAR 

Closing on: May 31, 2025

AGRISERVE COMMODITIES IS OPSOEK NA ‘N KUNSMIS TRADER OM BY ONS SPAN AAN TE SLUIT 

Die ideale kandidaat moet vriendelik, professioneel en bekwaam wees en verkieslik ervaring hê in kunsmisverhandeling. Goeie kommunikasie vaardighede, die vermoë om inisiatief te neem en die vermoë om goed onder druk te kan werk, is ook belangrike vaardighede vir hierdie pos. Verdere vereistes sluit in (maar is nie beperk tot): 

Verantwoordelikhede: 

  • Die handhawing van bestaande verhoudings in ons organisasie se netwerk.  
  • Skedulering van gereelde besigheidsbesoeke aan kliënte en vervoerders en aktiewe betrokkenheid by die werwing en ontwikkeling van nuwe besigheidsgeleenthede en vennoootskappe.  
  • Die doeltreffende hantering van navrae (binne en buite werksure) en die oplos van navrae binne 48 uur vanaf dit ontvang is. 
  • Die akkurate laai en oorsiening van transaksies met behulp van ons organisasie se inligtingstelsels en tydige en professionele kommunikasie met kliënte tydens die proses. 
  • Om te verifieer dat nuwe kliënte voldoen aan ons Kredietwaarborgversekering se dekkingsvereistes en ook voldoen aan FICA-regulasies volgens ons maatskappy se beleid. 
  • Die gereelde en akkurate opdatering van nuwe voorraad in samewerking met ons trading-assistente – op ons voorraadlyste en volgens kontrakte. 

Gewensde kwalifikasies en vaardighede: 

• ‘n Toepaslike B-graad. 

• Aansoekers met ‘n landbou-agtergrond sal bevoordeel word. 

• Goeie rekenaarvaardighede. 

• Uitstekende kommunikasievaardighede en moet vlot wees in Afrikaans en Engels. 

• Eie voertuig en bestuurderslisensie. 

• Vermoë om nuwe besigheidsgeleenthede te ontwikkel en ons portefeulje uit te brei. 

Kategorie: AgriServe Toets
Posisie Tipe: Voltyds
Posisie Ligging: Potchefstroom

Apply for this position

Allowed Type(s): .pdf, .doc, .docx